- Northern Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Agriculture
- Reference: MTPP
Vacancy Details
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Hierdie gevestigde uitvoerder van tafeldruiwe, rosyne en pekanneute beskik oor ’n uitstekende beroepsgeleentheid vir ’n dinamiese, energieke individu met ’n passie vir boerdery om deel te word van hul suksesvolle span.
SENIOR PEKANNEUT PRODUKSIEBESTUURDER
(UPINGTON OMGEWING)
Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van beroepsgerigte, presiese en hardwerkende individue wat oor bewese bestuursvaardighede en ’n stelselmatige werksbenadering beskik ondersteun deur ’n minimum van 8 jaar relevante ondervinding in landbouproduksie.
- Die suksesvolle kandidaat sal ’n dinamiese en energieke span ondersteun in die volhoubare bestuur van ’n gevestigde pekanneutproduksie-eenheid van ongeveer 200 hektaar.
- Toepaslike landboukwalifikasie en goeie praktiese ondervinding in ʼn volle gemeganiseerde Pekanproduksie boerdery sal as aanbeveling dien.
- Bogemiddelde rekenaar- en rekordhoudingsvaardighede, met gevorderde vaardigheid in Microsoft Excel (’n noodsaaklike vereiste)
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
- Die vermoë om onafhanklik te werk.
- ’n Deeglike tegniese agtergrond in besproeiing, bemesting en bespuitings.
Oorhoofse pligte sal insluit:
- Beheer, kontrole en toesig oor alle produksie-aktiwiteite.
- Werwing, bestuur en ontwikkeling van personeel.
- Bestuur van arbeidsproduktiwiteit en kwaliteitsbeheer.
- Toepassing van tegniese aanbevelings in direkte samewerking met operasionele bestuur.
Daar word ʼn markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aangebied.
Stuur CV, met verwysing MTPP voor 20 Mei 2026 aan recruitment@ovdm.co.za
Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
176 people have viewed this job.
More Jobs at Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
IRRIGATION & MAINTENANCE MANAGER
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 19 May 2026 | 13 Days left
PEKANNEUT PRODUKKOÖRDINEERDER
- Upington
- Job Type: Permanent
- Posted 18 May 2026 | 6 Days left
DIESELWERKTUIGKUNDIGE
- Upington
- Job Type: Permanent
- Posted 13 May 2026 | 4 Days left
WISKUNDE TUTOR (GR 8-12)
- Upington
- Job Type: Permanent
- Posted 08 May 2026 | 4 Days left