Vacancy Details
Employer: Media24
Media24 Afrikaanse Nuus het ’n pos vir ’n senior subredakteur in die Netwerk24-kantoor in Kaapstad, Johannesburg, Pretoria of Bloemfontein.
Verantwoordelikhede sluit in:
- Redigeer van kopie, met genoegsame kennis om dit op ’n sinvolle wyse te herskryf en te verkort, indien nodig;
- Kontroleer korrektheid van feite, spelling en grammatika;
- Skryf goeie byskrifte en opskrifte wat sowel die aandag trek as taalkundig en feitelik korrek is;
- Maak seker dat kopie die publikasie se spesifieke styl volg wat grammatika, taalgebruik en voorkeurspelwyses betref;
- Skakel met ander subredakteurs, verslaggewers, nuus- en tuisbladredakteurs om vloei en gehalte van nuusberigte te verseker; en
- Bly ingelig oor die jongste taalreëls soos in die taalstylgidse vervat.
Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende kriteria voldoen:
- Toepaslike tersiêre kwalifikasie in joernalistiek, tale, kommunikasie, mediastudies of die geesteswetenskappe;
- Uitstekende taal- en skryfvaardighede in Afrikaans en ervaring in ’n digitale nuusomgewing;
- Agt tot tien jaar toepaslike joernalistieke ervaring sal ’n sterk aanbeveling wees;
- ’n Aanvoeling vir en belangstelling in nuus en aktuele sake;
- ’n Uitgebreide algemene kennis;
- Moet eie inisiatief aan die dag kan lê, maar ook in ’n span kan saamwerk;
- Moet vinnig en akkuraat onder druk kan werk.
- Ingesteldheid op gehalte
- Goeie besluitnemingsvermoë
- Moet bereid wees om ongereelde ure te werk, insluitend oggend-en aandskofte, openbare vakansiedae en naweke; en
- Moet beskik oor internettoegang.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal daar aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.
1 person has applied for this job. 70 people have viewed this job.
About Media24
Media24 is a leading media company in Africa with interests in newspapers, magazines, digital publishing, printing, distribution, book publishing, online services and ecommerce. It is part of Naspers, a multinational group of media and ecommerce platforms.
More Jobs at Media24
Group Art Director
- Cape Town
- Job Type: Permanent
- Posted 10 Feb 2026 | 9 Days left
Multimedia Content Producer
- Cape Town
- Job Type: Permanent
- Posted 04 Feb 2026 | 7 Days left
Joernalis Internskap
- Cape Town
- Job Type: Permanent
- Posted 04 Feb 2026 | 7 Days left
Sakeverslaggewer (Kaapstad/Johannesburg)
- Cape Town
- Job Type: Permanent
- Posted 03 Feb 2026 | 6 Days left