- Overberg
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Finance Management NGO & Non-profit
- Benefits: Medical Aid Pension ‘n onderhandelbare salaris
- Reference: 2367777
Vacancy Details
Employer: Fynbos Dienssentrum, Kleinmond
ALGEMENE BESTUURDER
Fynbos Dienssentrum, Kleinmond
Fynbos Dienssentrum is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagtergrond en ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor ouer persone, word vir hierdie betrekking ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer, met die opdrag om die strategiese visie te operasionaliseer deur doelgerigte bestuurstake en die optimale benutting van hulpbronne en dienste. Daar sal van die posbekleër verwag word om voorsiening te maak vir die versorging van ouer persone, in ’n veilige en vriendelike omgewing asook die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde dienste vir ouer persone.
Die bestuurder is in samewerking met die multi-dissiplinêre span verantwoordelik vir die algehele bestuur en gehalteversekering van die Dienssentrum, Behuisingsontwikkeling en Sorgsentrum, wat insluit:
- Finansiële- en menslike hulpbronbestuur
- Toesig oor die verpleegsorg-, spysenier-, en skoonmaak dienste
- Bemarking, kommunikasie en fondswerwing, om te verseker dat die tehuis volhoubare, toepaslike dienste kan bied
- Batebestuur en instandhouding van geboue en gronde
- Risiko bestuur, beroepsgesondheid en veiligheid
- Bemarking en fondsinsameling
- Skakeling en netwerk met belanghebbendes en die bou van langtermyn verhoudings met strategiese vennote.
Die ideale kandidaat beskik oor ‘n naskoolse kwalifikasie, die vermoë om ‘n span te lei en te motiveer, asook die vermoë om probleemareas vroegtydig te identifiseer en op te los.
Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, bemarking en fondswerwing asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes. Vorige bestuurservaring en begrip vir die unieke uitdagings en operasionele dinamika van maatskaplike sorg en ontwikkelingswerk sal as ‘n sterk aanbeveling dien.
Vergoeding behels ‘n onderhandelbare salaris asook mediese en pensioenfondsvoordele.
Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 29 Junie 2026 per e-pos aan: mhb@badisa.org.za
77 people have viewed this job.