- Western Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Banking Human Resources Finance
- Reference: 2362821
Vacancy Details
Employer: Badisa
BOEKHOUER (5/8ste Pos)
Strandsorg, Strand
Strandsorg is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Bestuur verslag doen en verantwoordelik wees vir die volgende:
- Gerekenariseerde boekhouding tot proefbalans
- Maandelikse opstel van finansiële state
- Opstel van begrotings
- Finansiële administrasie (losies, subsidies en rekeninge)
- Salaris administrasie en statutêre opgawes
- Betaalpunt vir inwoner pensioene
- Administratiewe- en sekretariële pligte
- Algemene Personeel Administrasie
- Bereken, indien en administrasie van BTW opgawes
Kandidate moet oor goeie menseverhoudinge en goed ontwikkelde syferkundige en rekenaarvaardighede beskik. Akkuraatheid en vermoë om teen hoë tempo te funksioneer, tesame met kennis van Pastel en VIP, word vereis.
Ons bied ‘n onderhandelbare salaris, aangevul deur ‘n mediese en aftree skema, asook ruim verlof.
Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 4 Junie 2026 aan: Die Direkteur: Menslike Hulpbronne, epos: mhb@badisa.org.za
2 people have applied for this job. 39 people have viewed this job.
More Jobs at Badisa
Bestuurder
- Western Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 15 May 2026 | 3 Days left