- Western Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Human Resources Finance Management
- Reference: 2361000
Vacancy Details
Employer: Badisa
Huis de Kuilen is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagtergrond en ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer, met die opdrag om die strategiese visie te operasionaliseer deur doelgerigte bestuurstake en die optimale benutting van hulpbronne en dienste. Daar sal van die posbekleër verwag word om voorsiening te maak vir die versorging van ouer persone, in ’n veilige en vriendelike omgewing asook as die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde dienste vir ouer persone.
Die bestuurder is verantwoordelik vir die algehele bestuur en gehalteversekering van die tehuis, wat insluit:
- Toesig oor die verpleegsorgdienste, finansies en menslike hulpbronnebestuurfunksies, in samewerking met die multi-dissiplinêre span
- Bemarking, kommunikasie en fondswerwing, om te verseker dat die tehuis volhoubare, toepaslike dienste kan bied
- Batebestuur en instandhouding van die beroepsgesondheid- en veiligheidsprogram
- Skakeling en netwerking met belanghebbendes en die bou van langtermyn verhoudings met strategiese vennote.
Die ideale kandidaat beskik oor ‘n naskoolse kwalifikasie, die vermoë om ‘n span te lei en te motiveer, en probleemareas vroegtydig te identifiseer en op te los.
Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes. Vorige bestuurservaring en begrip vir die unieke uitdagings en operasionele dinamika van maatskaplike sorg en ontwikkelingswerk sal as ‘n sterk aanbeveling dien.
Vergoeding behels ‘n onderhandelbare salaris asook mediese en pensioenfondsvoordele.
Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 27 Mei 2026 per e-pos aan: mhb@badisa.org.za
1 person has applied for this job. 78 people have viewed this job.
Similar Jobs
General Manager - Algemene Bestuurder
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 20 Mar 2026 | 3 Days left
Production Manager: Fruit | Produksie Bestuurder: Vrugte
- Western Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 07 May 2026 | 12 Days left
Nasionale Tegniese Bestuurder/ National Technical Manager
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 01 Apr 2026 | 15 Days left
Na-verkope Bestuurder / After Sales Manager
- Bloemfontein
- Job Type: Permanent
- Posted 15 May 2026 | 13 Days left