- Western Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Social Services Human Resources Management
- Reference: 2357040
Vacancy Details
Employer: Badisa
BESTUURDER: MAATSKAPLIKE DIENSTE/SUPERVISOR
Beaufort Wes en Prins Albert
Badisa wag aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuurs/supervisie-agtergrond en ‘n positiewe lewensingesteldheid.
Verantwoordelikhede sluit in: ● Toesig en bestuur van maatskaplike dienspersoneel ● Programbestuur en -ontwikkeling ● Menslike hulpbronbestuur ● Betrokkenheid by finansiële bestuur, bemarking en fondswerwing ● Leiding en ondersteuning aan Beheerrade ● Skakeling met departementele streekkantore, forums en ander rolspelers ● Verteenwoordiging en onderhandeling binne gemeenskappe en gemeentes.
Vereistes: Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor minstens vyf (5) jaar praktiese ervaring ten opsigte van kinderbeskerming, supervisie en bestuur. Verdere vereistes sluit in uitstekende fasiliteringsvaardighede, die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer, konflikbestuur, strategiese denke, die vermoë om onafhanklik te werk, en rekenaarvaardighede. Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe is verpligtend.
Ingevolge die organisasie se transformasiebeleid sal kandidate uit die aangewese groepe by aanstelling voorkeur geniet.
Ons bied ’n onderhandelbare salaris, aangevul deur ’n mediese en aftreefonds, asook ruim verlofvoordele.
Standplaas: Onderhandelbaar, in werksarea
Sluitingsdatum: 8 Mei 2026
Diensaanvaarding: So gou moontlik
Stuur asseblief ’n volledige CV, met bewys van registrasie, voor of op 8 Mei 2026 per e-pos aan: mhb@badisa.org.za
1 person has applied for this job. 67 people have viewed this job.