- Egypt
- Salary: Market Related
- Job Type: Contract
- Sectors: Agriculture
- Reference: MEPSK
Vacancy Details
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Ons kliënt in die Noorde van Egipte beskik oor gevestigde sitrus boerderye en is op soek na ʼn hoogs bekwame en ervare individu uit Suid-Afrika in die volgende posisie:
PLAAG- EN SIEKTEBEHEER KONSULTANT
EGIPTE
Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van energieke, toegewyde en kundige individue met deursettingsvermoë en ‘n passie vir landbou, met uitgebreide ondervinding in plaag- en siektebeheer oor verskeie gewasse.
- Deeglike kennis van alle aspekte binne hierdie veld en die vermoë om verskillende gewasbestuurders te adviseer, inlig en te oortuig ten opsigte van beste praktyke.
- Sterk agtergrond in navorsing.
- Deeglike kennis van verskillende peste en siektes, asook die voorkoming en beheer daarvan, met ‘n fokus op die minimalisering van chemiese gebruik en die implementering van biologiese en organiese boerderypraktyke.
- Kennis van ouditvereistes vir uitvoermarkte.
- Deeglike begrip van verskillende chemiese middels.
- Uitstekende bestuursvaardighede.
- Uitsonderlike interpersoonlike vaardighede.
Pligte sal hoofsaaklik behels:
- Die algehele bestuur en koördinering van plaag- en siektebeheer oor alle gewasse op die plase.
- Die ontwikkeling en implementering van effektiewe beheerstrategieë.
- Ondersteuning en leiding aan gewasbestuurders.
- Verseker dat alle praktyke voldoen aan internasionale uitvoer- en ouditstandaarde.
Daar word ‘n bogemiddelde US $ vergoedingspakket wat verblyf, ruim verlof en vliegtuigkaartjies insluit aangebied.
Permanente kontrak / geldige paspoort is kritiese vereiste.
Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.
Stuur volledige Engelse CV, met verwysing MEPSK voor 15 April 2026 na recruitment@ovdm.co.za
Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
110 people have viewed this job.
More Jobs at Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
DIESELWERKTUIGKUNDIGE
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 27 Mar 2026 | 8 Days left
ADMINISTRATIEWE BESTUURDER
- North West
- Job Type: Permanent
- Posted 23 Mar 2026 | 7 Days left
PRODUKSIEBESTUURDER: ROSYNE
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 18 Mar 2026 | 12 Hours left
OPERASIONELE BESTUURDER: TAFELDRUIWE
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 11 Mar 2026 | 12 Hours left