- Western Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Human Resources Finance Management
- Reference: 2341241
Vacancy Details
Employer: Badisa
BESTUURDER
Huis Andries Hamman, Worcester
Huis Andries Hamman is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagtergrond en ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer, met die opdrag om die strategiese visie te operasionaliseer deur doelgerigte bestuurstake en die optimale benutting van hulpbronne en dienste. Die posbekleër sal ook voorsiening moet maak vir die versorging van ouer persone, in ‘n veilige en vriendelike omgewing, asook die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde dienste vir ouer persone.
Die Bestuurder is verantwoordelik vir die algemene bestuur en gehalteversekering van die tehuis, wat insluit:
- Toesig oor die verpleegsorgdienste, finansies en menslike hulpbronne bestuur funksies, in samewerking met die multi-dissiplinêre span
- Bemarking, kommunikasie en fondswerwing, om te verseker dat die tehuis volhoubare, toepaslike dienste kan bied
- Batebestuur en instandhouding van beroepsgesondheid- en veiligheidsprogram
- kakeling en netwerk met belanghebbendes en die bou van langtermyn verhoudings met strategiese vennote.
Die ideale kandidaat beskik oor ‘n naskoolse kwalifikasie, die vermoë om ‘n span te lei en te motiveer, asook die vroegtydige identifisering en oplos van probleemareas.
Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes. Vorige bestuurservaring en begrip vir die unieke uitdagings en operasionele dinamika van maatskaplike sorg en ontwikkelingswerk sal as ‘n sterk aanbeveling dien. Kennis, ervaring en ‘n praktiese aanleg ten opsigte van algemene instandhouding van die kombuis, washuis en tehuis sal as ‘n aanbeveling dien.
Vergoeding behels ‘n onderhandelbare salaris asook mediese- en pensioenfondsvoordele.
Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 10 Maart 2026 per e-pos aan: mhb@badisa.org.za
1 person has applied for this job. 203 people have viewed this job.
Similar Jobs
DIESEL WERKTUIGKUNDIGE
- Western Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 06 Feb 2026 | 36 Days left
Production Manager - Produksie Bestuurder
- Durban North
- Job Type: Permanent
- Posted 13 Feb 2026 | 47 Days left
Operations Manager (AN 25) /Operasionele Bestuurder (AN 25)
- Gauteng
- Job Type: Permanent
- Posted 07 Jan 2026 | 48 Days left
Guesthouse Manager (AN05)/Gastehuis Bestuurder (AN05)
- Springbok
- Job Type: Permanent
- Posted 21 Jan 2026 | 20 Days left
More Jobs at Badisa
Coordinator: Elderly- And Disability Care
- Western Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 02 Mar 2026 | 11 Days left