- Pretoria
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Construction Management
- Reference: 171528
Vacancy Details
Employer: Ligpos (Pty) Ltd
GELEENTHEID: BOU-VENNOOT & PROJEKLEIER (ALTERNATIEWE KONSTRUKSIE)
Ligpos is op soek na ’n toegewyde en vaardige bou-entrepreneur om as strategiese vennoot saam met ons ’n volhoubare behuisingsmodel vir die toekoms te vestig.
DIE PROFIEL: By Ligpos bou ons nie net huise nie; ons bou aan die Koninkryk. Ons soek ’n wedergebore kind van God wat vanuit sy geloof leef en werk. Jou integriteit, dissipelskap en etos moet naatloos inpas by die waardes van Ligpos, waar ons mense met waardigheid en hoop wil dien.
TEGNIESE KUNDIGHEID:
Jy is ’n vakman wat passievol is oor presisie en innovasie. Jy beskik oor bewese vermoëns in:
Alternatiewe Boumetodes: Spesifiek Nutec-buitemure en liggewig raamwerk.
Strukturele Werk: Die oprig van eenhede op pale-fondasies met hout- of drywall-binnemure.
Afwerking: Sinkdak-installasie (met fokus op termiese isolasie) en vinyl-vloere.
Sisteem-integrasie: ’n Begrip van "off-grid" komponente (solar, gas en water-herwinning).
DIE VENNOOTSKAP:
Hierdie rol is ideaal vir ’n gevestigde entrepreneur wat reeds oor sy eie professionele struktuur beskik en die vryheid geniet om onafhanklik te funksioneer.
Samewerking: Jy sal nou saam met Ligpos werk om ’n eksklusiewe bou-model te ontwikkel en te verfyn.
Mentorskap: Jy het ’n roeping om jou kennis oor te dra aan leerlinge en bouspanne wat deur Ligpos verskaf word.
Geskiktheid: Terwyl jy jou eie kliëntebasis behou, word jy die "voorkeur-vennoot" vir Ligpos se konstruksie-projekte.
AANSOEKE: As jy voel die Here roep jou vir ’n vennootskap waar vakmanskap en bediening ontmoet, doen aansoek vir hierdie geleentheid.
4 people have applied for this job. 201 people have viewed this job.
More Jobs at Ligpos (Pty) Ltd
Production Manager - Produksie Bestuurder
- Durban North
- Job Type: Permanent
- Posted 13 Feb 2026 | 54 Days left
ICT Support Engineer
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 13 Feb 2026 | 50 Days left
Branch Manager - Takbestuurder
- Durban North
- Job Type: Permanent
- Posted 23 Jan 2026 | 29 Days left
Software Developer - Sagteware Ontwikkellaar
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 07 Jan 2026 | 13 Days left