- Worcester
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Human Resources Management NGO & Non-profit
- Benefits: Medical Aid Pension Negotiable salary
- Reference: 2334633
Vacancy Details
Employer: Huis Andries Hamman
BESTUURDER
Huis Andries Hamman, Worcester
Huis Andries Hamman is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagtergrond met ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer, met die opdrag om die strategiese visie te operasionaliseer deur doelgerigte bestuurstake en die optimale benutting van hulpbronne en dienste. Die posbekleër sal ook voorsiening moet maak vir die versorging van ouer persone, in ‘n veilige en vriendelike omgewing, asook die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde dienste vir ouer persone.
Die Bestuurder is verantwoordelik vir die algemene bestuur en gehalteverskering van die tehuis, wat insluit:
- Toesig oor die verpleegsorgdienste, finansies en menslike hulpbronbestuursfunksies in samewerking met die multi-dissiplinêre span
- Bemarking, kommunikasie en fondswerwing, om te verseker dat die tehuis volhoubare, relevante dienste kan bied
- Batebestuur en instandhouding van beroepsgesondheid- en veiligheidsprogram
- Skakeling en netwerking met belanghebbendes en die bou van langtermyn-verhoudings met strategiese vennote.
Die ideale kandidaat beskik oor ‘n naskoolse kwalifikasie, die vermoë om ‘n span te lei en te motiveer, asook om probleemareas vroegtydig te identifiseer en op te los.
Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes. Vorige bestuurservaring en begrip vir die unieke uitdagings en operasionele dinamika van maatskaplike sorg en ontwikkelingswerk sal as ‘n sterk aanbeveling dien. Kennis, ervaring en ‘n praktiese aanleg ten opsigte van algemene instandhouding van die kombuis, washuis en tehuis sal as ‘n aanbeveling dien.
Vergoeding behels ‘n onderhandelbare salaris asook mediese en pensioenfondsvoordele.
Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 06 Februarie 2026 per e-pos aan: mhb@badisa.org.za
198 people have viewed this job.
Similar Jobs
Finansiele Bestuurder
- Worcester
- Job Type: Permanent
- Posted 11 Dec 2025 | 8 Days left