Vacancy Details
Employer: CeeBee Debt Management Services (Pty) Ltd
Rakende die werk:
Ons is op soek na `n gemotiveerde skuldinvorderaar/invorderings konsultant om skuld van `n boek met omtrent 1300-1500 debiteure in te vorder.
Ons struktuur is klein doelwit gedrewe spanne, wat saam met `n span bestuurder, na spesifkieke doelwitte werk.
Neem asseblief kennis dat hierdie nie `n inbelsentrum-gebaseerde posisie is nie.
Ons gee jou al die gereedskap wat jy nodig het om debiteure te kontak en hul skuld in the vorder.
Ons voorgeskrewe prosedures, voorbeelde en gedefinieerde metodes is daar om invorderaars te help om so effektief as moontlik te wees en hul maandelikse doelwit van invorderings te breik.
Daaglikse pligte sluit onder andere in om effektief en gereeld te kommunikeer met die debiteure op jou boek vir invordering van uitstaande geld, asook die opvolg van gebroke betalings ooreenkomste en die hou van gedetaileerde en bygewerkte verslae.
Jou werk word ondersteun deur ons regs-, rekening- en opsporingafdelings.
As jy `n selfbeginner is wat daarvan hou om onafhanklik te werk, maar tog die ondersteuning van `n span waardeer, kan dit jou droomwerk wees.
Candidate Requirements
Is dit jy?
Jou spraak en geskrewe kommunikasievaardighede is uitstekend, so ook jou interpersoonlike en kliënte diens vaardighede.
Jy is baie georganiseerd, jou take word daagliks, weekliks en maandliks beplan en geprioritiseer, en jy gee aandag aan detail.
Om te analiseer en probleem oplossing te doen is jou sterk punte!
Jy is tegnies vaardig en vaardig met Microsoft Office Suite of verwante sagteware, wat jou help om meer effektief te wees.
Jy is ook steeds mens en kan empatie teenoor debiteure toon en jou benadering by verskillende debiteure aanpas.
Jy het matriek voltooi en het verkieslik 3 jaar se skuldinvorderings ervaring.
Pakket en voordele?
Ons bied `n maandelikse salaris in ooreenstemming met jou ondervinding vanaf R7000 ‘n maand, plus `n kompeterende en oop-einde kommissie struktuur. `n Diskresionere bonus kan toegeken word. Voordele sluit mediesefonds en pensioen in.
Ons personeel kry ook gereelde opleiding, mentorskap, kleredrag en veilige parkering op die perseel. Koffie is ook volop.
Meer oor ons:
Skoolgeld skuldinvordering is ons besigheid. Ons taak is om skole by te staan met die invorderings van uitstaande skuld, om te verseker dat hul leerders die beste gehalte onderwys kry.
Ons doen al meer as 25 jaar effektief en doeltreffend skuldinvorderings vir skole en is passievol daaroor.
As dit vir jou goed klink, sal ons jou graag wil ontmoet.
Kliek aansoek en stuur vir ons jou CV.
Indien jy nie binne 4 weke na die sluitingsdatum `n antwoord van ons ontvang nie, beskou asseblief jou aansoek as onsuksesvol.
16 people have applied for this job. 245 people have viewed this job.
More Jobs at CeeBee Debt Management Services (Pty) Ltd
Administration Clerk – School Fee Exemptions
- Boksburg
- Job Type: Permanent
- Posted 09 Jan 2026 | 44 Days left