- Western Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Contract
- Sectors: Consulting NGO & Non-profit Research
- Reference: 2333591
Vacancy Details
Employer: Little Seeds
PROGRAMLEIER: GEMEENSKAPSGEBASEERDE INISIATIEWE
Little Seeds Eenheid vir Vroeë Kinderontwikkeling is 'n gesamentlike inisiatief van Badisa en Diaconia. Die eenheid is op soek na 'n persoon wat sy gemeenskapsgebaseerde inisiatiewe kan fasiliteer en lei, in samewerking met gemeentes, Badisa-programme en gemeenskappe.
Verantwoordelikhede: ● Ontwikkeling van nuwe en uitbreiding van bestaande inisiatiewe ● Monitering en evaluering van dienslewering ● Netwerkvorming en belanghebberbetrokkenheid ● Opleiding, navorsing, administrasie.
Toepaslike ervaring en kwalifikasies: ● Drie (3) tot vyf (5) jaar ondervinding in gemeenskapsgebaseerde vroeë kinderontwikkeling of verwante sosiale/gemeenskapsprogramme ● Erkende tersiêre kwalifikasie in Onderwys, Gemeenskapsontwikkeling, Maatskaplike Werk of verwante rigtings.
Profiel: ● Innoverend, proaktief, en met die vermoë om in 'n span te werk ● Goeie organisatoriese, administratiewe en kommunikasievaardighede met sensitiwiteit vir diverse kulturele en gemeenskappe ● Vlot in Engels, Afrikaans en/of IsiXhosa ● Geldige rybewys.
Ons bied onderhandelbare vergoeding en 'n vastetermynkontrak van twee jaar. Stuur asseblief 'n volledige CV teen 31 Januarie 2026 aan erika@littleseeds.org.za.
Vir verdere navrae, rig asseblief 'n e-pos aan Erika Hougaard by erika@littleseeds.org.za.
Diensaanvaardig: 1 Maart 2026 of so gou doenlik daarna.
1 person has applied for this job. 200 people have viewed this job.