- Northern Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Agriculture
- Reference: MVLK
Vacancy Details
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Ons wag op aansoeke van dinamiese, selfgedrewe, sterk analitiese persone met die vermoë om onafhanklik onder druk te kan funksioneer.
LANDBOUKUNDIGE
KAKAMAS OMGEWING
Vereistes:
- Die suksesvolle kandidaat moet ‘n mens-mens wees met bogemiddelde kommunikasie- en rekenaarvaardighede in MS Office.
- ‘n Toepaslike B.Sc.-Graad (of hoër) in wingerdbou/hortologie (of ‘n toepaslike B.Sc. graad in grondkunde) of gelykwaardige kwalifikasie, met sterk landboukundige agtergrond.
- Minimum ervaring van 3 jaar+, ondersteun deur goeie kennis van die omgewing, die wingerdbedryf, langtermyn Noordkaap visie en betrokkenheid in die boerdery gemeenskap.
- Gewilligheid om te reis.
- Sterk organiserings-, administratiewe- en voorleggings vaardighede.
- Goeie projekbestuur vaardighede.
Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die volgende sleutel prestasie areas:
- Skryf van projekvoorstelle, saamgestel uit navorsing behoeftes.
- Uitvoer / Koördinering en beoordeling van proewe en proefblokke.
- Optrek en versprei van verslae en aanbevelings rakende bevindings.
- Inligting verspreiding rakende nuutste bedryf-standaarde en tendense en gebruik van nuwe produksie praktyke en aanwending van nuwe tegnologie.
- Bou en ontwikkel van goeie samewerking en oop kommunikasie met strategiese vennote en produsente.
- Bepaling van opleiding-, befondsing- en produsente behoeftes.
- Onderrig en fasiliteer van studente by ons Wingerd-akademie.
Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf, aan pos gekoppel. Verdere studie geleenthede word ook aangebied.
ALLE AANSOEKE SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD
Rig u volledige CV met verwysing MVLK voor 15 Januarie 2026 aan recruitment@ovdm.co.za
Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was
45 people have viewed this job.
More Jobs at Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
ASSISTENT PLAASBESTUURDER / INSTANDHOUDINGSBESTUURDER
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 18 Dec 2025 | 18 Days left
REGISTERED NURSE
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 15 Dec 2025 | 13 Days left