Vacancy Details
Employer: Media24
INTERNSKAP VIR JOERNALIS
Wou jy nog altyd ’n verslaggewer wees? Doen nou aansoek vir Media24 se internskapposisie vir knap digitale joernaliste by Kuier, vanaf 1 Februarie 2026- 31 Januarie 2027.
Doen aansoek as jy:
- ’n Tersiêre kwalifikasie in joernalistiek, Afrikaans of ander relevante kwalifikasie het.
- Nuuskierig is oor die die land en sy mense, en in voeling is met wat plaaslik en internasionaal aangaan.
- Gretig is om te leer en groei.
- Dol is oor stories en storievertellery, ongeag die formaat of platform.
- Kan goed skryf, maar stel ook in digitale media belang.
- Met gemak ’n video met ’n slimfoon kan skiet.
Wat ons verlang:
- Uitstekende storievertelvaardighede.
- Uitstekende taalvaardighede in Afrikaans.
- Die vermoë om vinnig, akkuraat en onder druk te werk.
- Die vermoë om ’n vars invalshoek vir ’n storie te kry.
- Die vermoë om in ’n span te werk en ’n redakteur se opdragte te volg.
- Dryfkrag, energie en basiese awesomeness het.
Wat jy sal doen:
- Inskrywings vir Kuier se digitale platforms skep.
- Doen verslag oor nuus en skryf artikels vir die tydskrif.
- Vir interessante stories op die web rondsnuffel wat ons lesers graag sal wil lees.
- Bou ’n netwerk van kontakte en hou dit in stand.
Media24 is Suid-Afrika se toonaangewende mediamaatskappy met belange in digitale media en dienste, koerante, tydskrifte, e-handel, uitgewery, drukkerye en verspreiding. Dit is deel van Naspers, ’n multinasionale groep met media- en e-handelplatforms.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.
328 people have viewed this job.
About Media24
Media24 is a leading media company in Africa with interests in newspapers, magazines, digital publishing, printing, distribution, book publishing, online services and ecommerce. It is part of Naspers, a multinational group of media and ecommerce platforms.
Similar Jobs
Joernalis Internskap
- Cape Town
- Job Type: Internship
- Posted 11 Dec 2025 | 28 Days left
More Jobs at Media24
CRM Agent
- Cape Town
- Job Type: Permanent
- Posted 12 Dec 2025 | 7 Days left
Joernalis Internskap
- Cape Town
- Job Type: Internship
- Posted 11 Dec 2025 | 28 Days left
UX/UI TEAM LEAD (CAPE TOWN)
- Cape Town
- Job Type: Permanent
- Posted 10 Dec 2025 | 7 Days left
Head of B2B and Commercial Partnerships
- Cape Town
- Job Type: Permanent
- Posted 09 Dec 2025 | 28 Days left