- Western Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Accounting Agriculture Finance
- Reference: GK24rek
Vacancy Details
Ons kliënt, is 'n verpakker van sitrusvrugte wat hoofsaaklik vir die uitvoermark bestem is. Die verpakkingsaanleg is in die Citrusdal-omgewing geleë. Die maatskappy het 'n vakature vir 'n nuutgeskepte rekenmeester pos. Die suksesvolle kandidaat sal die finansiële direkteur assisteer deur verantwoordelikheid te neem vir die daaglikse administratiewe en finansiële pligte van die maatskappy se bedrywighede.
ROL & HOOFVERANTWOORDELIKHEDE
- Bestuur alle rekeningkundige transaksies (hoofsaaklik bank-, debiteure-, krediteure- en bestuursrekeninge)
- Werk saam met die finansiële direkteur en bestuur om begroting en teikenvoorspellings voor te berei
- Assisteer met die voorbereiding van bestuursrekeninge (balansstaat, wins en verlies)
- Bestuur kontantvloei
- Rekonsilliasie van bank-, krediteure- en debiteurerekeninge
- Kontroleer bankbetalings, bates en voorraad
- Verwerking van belasting-, BTW-, SDL-, WVF- en LBS-betalings en -opgawes vir elektroniese indiening
- Berei balansstaatrekonsilliasies voor
- Bepaal en implementeer kosteberekeningsprosedures en -metodes
- Beplan, organiseer en voer finansiële take uit soos vereis deur bestuur
- Verseker dat effektiewe interne beheermaatreëls in plek is en verseker voldoening aan GAAP en toepaslike regulatoriese voorskrifte en reëls vir finansiële- en belastingverslagdoening
Required Skills
- Accounting: 5 to 6 years
- Financial Management: 5 to 6 years
Candidate Requirements
MINIMUM VEREISTES
- ‘n Erkende tersiêre kwalifikasie in Rekeningkunde of Bestuursrekeningkunde
- Blootstelling aan, en ervaring in die FMCG-omgewing sal enige aansoek komplementeer
- Rekenaarvaardig en hoogs vaardig met MS-pakkette, veral Excel
- Bedrewe met Pastel
- Algemene rekeningkundige ervaring tot proefbalans stadium
- Sterk administratiewe, bestuurs- en kommunikasievaardighede (beide Engels en Afrikaans)
- Aandag aan detail en akkuraatheid
- Goed ontwikkelde analitiese, modellerings- en kommersiële verslagdoeningsvaardighede
- Moet prakties en nederig genoeg wees om roetine rekeningkundige en boekhoutake uit te voer.
1 person has applied for this job. 242 people have viewed this job.
Similar Jobs
Finansiële Rekenmeester
- Newcastle
- Job Type: Permanent
- Posted 19 Nov 2025 | 31 Days left
Accountant (A17) / Rekenmeester (A17)
- Johannesburg
- Job Type: Permanent
- Posted 12 Dec 2025 | 57 Days left
Accountant (A17) / Rekenmeester (A17)
- Cape Town
- Job Type: Permanent
- Posted 12 Dec 2025 | 57 Days left
Accountant (A17) / Rekenmeester (A17)
- Johannesburg
- Job Type: Permanent
- Posted 12 Dec 2025 | 57 Days left