Menu

Find a Job Create an Alert My Saved Jobs Companies Browse Courses Career Advice Employers and Recruiters
Careers24 logo
EMPLOYERS & RECRUITERS | POST A JOB

Menu

Log In Sign Up

Share This Vacancy

Send an email about this job to a friend or to yourself.

  • Home
  • /
  • Job Search
  • /
  • South Africa
  • /
  • Western Cape
  • /
  • Cape Winelands
Back to Search Results

Finansiele Bestuurder

  • Worcester
  • Salary: R65 000.00 - R75 000.00 Per Month (Negotiable)
  • Job Type: Permanent
  • Sectors: Accounting Hospitality Travel & Tourism
  • Benefits: Pension
  • Reference: GDFIN01
  • Employment Equity Position

Apply before Feb 09 2026 | 60 Days left

Apply

Vacancy Details

Employer: ATKV Goudini Spa

ATKV-betrekkings

ATKV-Goudini spa

Finansiële bestuurder

Die ATKV is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse taal- en kultuurorganisasie en het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde finansiële bestuurder by sy vakansieoord, ATKV-Goudini spa.

Indien jy reeds jou klerkskap voltooi het en by SAIPA of SAICA geregistreer is, vyf jaar se toepaslike ondervinding in ’n finansiële hoofkantoor het, rekenaarvaardig is met spesifieke verwysing na Pastel Partner, Sage Intacct, VIP 300 People Payroll Management, INNkeeper en die Microsoft-produkreeks, onder andere Excel, en uitstekende administratiewe vaardighede het, is hierdie geleentheid vir jou.

Vernaamste verantwoordelikhede

• Finansiële verslagdoening – Maandelikse samestelling en kontrole van finansiële inligting ten opsigte van die oord se bedryfsaktiwiteite. (Bestaande uit inkomstestate, finansiële state en kontantvloeistate.)

• Korttermyn- finansiële beplanning – Deurlopende betrokkenheid by die bestuur en die bywerking van die jaarlikse bedryfsprojeksies, asook die monitering van die maandelikse begrotingsprestasie teenoor werklike prestasie.

• Langtermyn- finansiële beplanning – Bystand met die jaarlikse kontrole en bywerking van die langtermyn- finansiële strategie van die maatskappy.

• Begrotings – Bystand met die voorbereiding en konsolidasie van jaarlikse begrotings.

• Kapitaalbestuur – Vastebateregisteronderhoud, asook deurlopende betrokkenheid by die bestuur en die bywerking van die jaarlikse kapitaalbestedingsbehoeftes in ooreenstemming met die kontant wat beskikbaar is.

• Tesouriebestuur – Daaglikse monitering van banksaldo’s om te verseker dat kontant beskikbaar is om verpligtinge in alle areas van verantwoordelikheid na te kom.

• Belasting – Verantwoordelikheid sluit in korrekte rekenskap van BTW.

• Interne oudit en risikobestuur – Bestuur-, hersiening- en verbeteringsprosesse, werkwyses en bestuursinligting om proaktiewe optrede te verseker, gereelde toetsing van die nakoming van interne beheermaatreëls om die akkuraatheid van die finansiële rekords te verseker, asook ondersteuning en opleiding aan verskeie interne belangegroepe.

• Eksterne oudit – Korrespondensie met eksterne ouditeure ten opsigte van die beplanning en uitvoering van die oudit, gevolg deur die uitbestuur van ouditverslagpunte en die instelling van regstellende aksies in hierdie verband.

• Opbrengsbestuur – Rapportering van besetting aan die oord se bestuurspan, asook lewering van insette rondom aksies gemik op die oord se inkomstedoelwitte.

• Bestuur en ontwikkeling van die finansiële personeel op die oord.

• Ander ad hoc-verantwoordelikhede, toegeken deur die hoofbestuurder van Finansies, Sake, of die Goudini spa-oordbestuurder.

• Verrig dienste as diensbestuurder

Candidate Requirements

Indien jy reeds jou klerkskap voltooi het en by SAIPA of SAICA geregistreer is, vyf jaar se toepaslike ondervinding in ’n finansiële hoofkantoor het, rekenaarvaardig is met spesifieke verwysing na Pastel Partner, Sage Intacct, VIP 300 People Payroll Management, INNkeeper en die Microsoft-produkreeks, onder andere Excel, en uitstekende administratiewe vaardighede het, is hierdie geleentheid vir jou.

Bcom Rek graad en meer vereistes 

Apply

5 people have applied for this job. 851 people have viewed this job.

Previous
Next

About Careers24.com

  • Careers24 is a leading South African job portal that assists jobseekers from all sectors and experience levels to find and apply for vacancies from hundreds of South Africa’s leading companies. With over a million visitors a month, we are one of the most popular destinations to find employment online in South Africa.

    Our mission is to become the destination where every candidate can find an ideal job and where every company can find the perfect candidate. We are a proud member of the Media24 family and part of the Naspers group of companies.

Company

  • Work For Us

  • Advertise With Us

Quick Links

  • Recruiters Directory

  • Site Map

  • Site Terms and Privacy Policy

  • Widgets

  • Recruiter Terms

  • Faq

Partner Sites

  • Simplify.hr

  • News24

  • Property24

  • Media24

Follow Us

© Careers24. All rights reserved.

  • OLX

  • News24

  • Property24

  • Media24

© Careers24. All rights reserved.