- Egypt
- Salary: Market Related
- Job Type: Contract
- Sectors: Agriculture
- Reference: MCEGYPT
Vacancy Details
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Ons kliënt in die Noorde van Egipte beskik oor n gevestigde sitrus boerdery en is op soek na n leergierige jong man met goeie bestuurspotensiaal met basiese kennis uit Suid-Afrika in die volgende posisie:
PRODUKSIEBESTUURDER / SITRUS
EGIPTE
Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van energieke, hardwerkende individue met deursettingsvermoë en ‘n passie vir boerdery. Die geskikte kandidaat moet minstens 5 jaar ondervinding in alle aspekte van sitrusverbouing he en sal die geleentheid kry om verder te ontwikkel onder die senior sitrusbestuurder.
- Spanspeler met goeie menseverhoudinge en kommunikasie vaardighede.
- Kennis van gehaltebestuurstelsels (GLOBALGAP /HACCP)
- Goeie taalvaardigheid in Engels.
- Leergierigheid, met passie om produktiwiteit, produksie en gehalte van sitrus te verbeter.
Pligte sal hoofsaaklik behels:
- Tegniese bestuur van besproeiing-, kunsmis- en bespuitingsprogramme.
- Die assistering in bestuur oor produksie, pakhuis en arbeid in koördinering met hoofbestuur, wat insluit alle aspekte van gehaltebestuur.
Daar word ‘n bogemiddelde US $ vergoedingspakket wat verblyf, ruim verlof en vliegtuigkaartjies insluit aangebied.
Permanente kontrak / geldige paspoort is kritiese vereiste.
Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.
Stuur volledige CV, met verwysing MCEGYPT voor 20 Mei 2024 aan recruitment@ovdm.co.za
Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was
158 people have viewed this job.
More Jobs at Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
GENERAL MANAGER
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 15 May 2024 | 4 Days left
BESTUURDER: KIOSK
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 15 May 2024 | 3 Days left
PRODUKSIEBESTUURDER
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 14 May 2024 | 5 Days left
WAGES CLERK
- Upington
- Job Type: Permanent
- Posted 14 May 2024 | 9 Days left