Vacancy Details
Employer: Werkie
Posbeskrywing: Regsdepartement van Skuldberadingsmaatskappy – Opponerings Instruksie-agent.
Ligging: Lynnwood Pretoria
Tipe posisie: Voltyds
Doel van die Pos:
Die Opponerings Instruksie-agent in die Regsdepartement van ‘n Skuldberadingsmaatskappy sal verantwoordelik wees vir die hantering van hofaansoeke wat gebring is onder skuldberading namens die verbruikers, met verwysing na opponerings vanaf krediteure ten opsigte van die voorgestelde herstrukturerings van skuld-paaiemente se bepalings. Die kandidaat sal hand-aan-hand werk met verbruikers, krediteure, opponerende regsverteenwoordigers en regsverteenwoordigers om te verseker dat alle opponerings korrek hanteer word volgens die Nasionale Kredietwet.
Sleutelverantwoordelikhede:
- Assessering van opponerings wat vanaf krediteure ontvang is.
- Voorbereiding op hofaansoeke en deeglike kommunikasie (per epos en telefonies) met verbruikers oor die opponerings.
- Bestuur en indien van formele instruksies ten opsigte van opponerings wat ontvang is op hofaansoeke onder skuldberading.
- Onderhandelinge met krediteure om betalingsplanne en skikkingsooreenkomste te fasiliteer.
- Bied advies en ondersteuning aan verbruikers gedurende die skuldberadingsproses.
Kwalifikasies en Ervaring:
- 'n Graad in Regte of 'n verwante veld sal voordelig wees.
- 2-5 jaar ondervinding in skuldberading, insolvensie, of 'n verwante regsgebied.
- Ondervinding in opponerings.
- Uitstekende begrip van die Nasionale Kredietwet en ander toepaslike regulasies.
- Sterk onderhandelingsvaardighede en die vermoë om effektief te kommunikeer met verskeie belanghebbendes.
Persoonlike Eienskappe:
- Uitstekende probleemoplossingsvaardighede.
- Hoë vlak van professionaliteit en integriteit.
- Vermoë om onder druk te werk en doeltreffend en deeglik te bly.
- Sterk aandag aan fynere besonderhede en die vermoë om prioriteite te bestuur.
Salaris en Voordele:
- R30 000 + per maand
- Markverwante salarispakket afhangende van kwalifikasies en ervaring.
- Voordele kan mediese hulp, pensioenbydraes, en bonusse insluit.
- Aangename werksure – Maandag tot Donderdag 8:00-17:00, Vrydae 8:00-14:00, Net 1 Sat per maand 9:00 – 13:00
1 person has applied for this job. 221 people have viewed this job.
More Jobs at Werkie
Accounts Relationship Manager/ Rekeningverhoudingsbestuurder
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 02 May 2024 | 46 Days left
Junior Digitale Bemarkingsveldtogbestuurder/ Junior Digital Campaign Manager
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 29 Apr 2024 | 7 Days left
Operasionele Assistent Pos/Operational Assistant Position
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 08 Apr 2024 | 60 Days left