- Western Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Advertising Marketing Sales
- Reference: 2121959
Vacancy Details
Employer: Dutoit Agri
Dutoit Agri verbou, verpak en bemark sagtevrugte en groente in die Wes- en Oos-Kaap.
Bemarkingsassistent: Groente
Prince Alfred’s Hamlet
Die posbekleër sal aan die Bemarkingsbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die administrasie van uitvoer- en lokale bestellings, logistieke funksies en algemene ondersteuning met verkope.
Die ideale kandidaat is ’n gedissiplineerde en energieke persoon. Ervaring in die bemarkingsomgewing, asook die logistieke hantering van vars produkte kan die aansoek versterk. Ons hoor graag van persone wat aan die volgende vereistes voldoen:
- ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie
- goeie toepaslike ondervinding
- die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf
- bogemiddelde kommunikasievaardighede (veral in Engels)
- goeie rekenaarvaardighede in veral MS Office (Excel, Word, Outlook en PowerPoint)
Ons bied ’n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit.
Stuur ’n volledige CV sonder verwyl na recruitment@dutoit.com Diensaanvaarding sal so gou doenlik maar ideaalgesproke nie later as 1 Mei 2024 wees nie.
6 people have applied for this job. 258 people have viewed this job.