- Northern Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Agriculture
- Reference: MVAB
Vacancy Details
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Hierdie nuut gevestigde Wingerdbou- / Landboukundige Akademie bied die volgende uitdagende beroepsgeleentheid aan ʼn selfgedrewe kandidaat:
PRODUKSIEBESTUURDER: ROSYNE
KAKAMAS OMGEWING
Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van persone wat oor toepaslike ondervinding en tegniese kennis in alle aspekte van rosyne druiwe verbouing beskik, ondersteun deur minimum 5 jaar ondervinding in die bestuur van ‘n produksie eenheid.
- Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels terwyl Tswana sprekend in u guns sal tel.
- Bogemiddelde menseverhoudinge.
- Vaardigheid in opleiding van groot groepe mense.
- Goed in toepassing van dissipline.
- Basiese kennis van gehalte-bestuurstelsels (GLOBALGAP)
- Geldige bestuurders lisensie.
- ʼn Tersiêre landbou kwalifikasie en wingerd- en wisselbou ondervinding sal as aanbeveling dien.
- Sterk administratiewe vaardigheid en rekordhouding geniet voorkeur.
Pligte sal onder meer behels:
- Bestuur en verdere ontwikkeling van rosyne/wyndruiwe en wisselbou eenheid.
- Voorbereiding, oes en verwerking van gewasse.
- Opleiding en ontwikkeling van arbeidsmag.
- Noue samewerking t.o.v. oplei van studente van die akademie en take aan hulle kan delegeer ter hul praktiese opleiding.
Die suksesvolle kandidaat moet bereid wees om te reis.
AANSOEKE SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD.
Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket aan die pos gekoppel.
Om aansoek te doen, stuur u CV met verwysing MVAB voor 28 Maart 2023 aan recruitment@ovdm.co.za
93 people have viewed this job.
More Jobs at Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
OPLEIDING FASILITEERDER
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 17 Mar 2023 | 5 Days left
BEMARKER
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 17 Mar 2023 | 5 Days left
LANDBOUKUNDIGE / ROSYNE AANKOPER
- Western Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 17 Mar 2023 | 7 Days left
SATELLIET DEPOTBESTUURDER
- Upington
- Job Type: Permanent
- Posted 15 Mar 2023 | 6 Days left