- Northern Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Contract
- Sectors: Construction
- Reference: JTAT
Vacancy Details
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Ons kliënt is ‘n eiendoms-gefokusde firma gesetel in Somerset-Wes wat sedert 1991 spesialiseer in eiendomsontwikkelingsbestuur regoor Suid-Afrika met uitgebreide dienste soos Argiteksontwerp, Projekbestuur, Bourekenkunde en Konstruksiebestuur.
Die volgende geleentheid bestaan tans vir ʼn entoesiastiese en gedrewe persoon as.
BOU-TERREINBESTUURDER
(Projek: Aggeneys)
‘n Gekwalifiseerde Terreinbestuurder met ten minste 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke posisie om ‘n bou-projek van ‘n kommersiële fasiliteit van begin tot einde te bestuur is ‘n vereiste om vir hierdie pos te kwalifiseer
Sleutelprestasieareas sluit in, maar is nie beperk nie tot die volgende:
• Bestuur, beheer en koördinering van alle bou-aksies op die bouterrein van ‘n kommersiële fasiliteit;
• Die handhawing en kontrole van kwaliteit;
• Werwing en oorsiening van sub-kontrakteurs;
• Aankoop en beheer van voorraad van o.a. boumateriaal en toerusting soos benodig;
• Konstante evaluering van die vordering van die projek sowel as terugvoer aan die projekbestuurder;
• Bestuur van beroepsgesondheid en veiligheid aspekte.
Vaardighede benodig:
• Benewens die kwalifikasie en ondervinding moet die suksesvolle kandidaat oor bogemiddelde bestuursvermoë beskik om ‘n bouspan en sub-kontrakteurs suksesvol te koördineer;
• Doelgerigtheid deur teikens te bepaal en te bestuur met die projek se streng voltooiingsdatum in gedagte
• Rekenaarvaardig wees in Microsoft Office
• Geldige kode EB (Kode 8) bestuurslisensie
Kandidate wat onmiddellik beskikbaar is, sal voorkeur geniet.
Akkommodasie te Aggeneys sowel as ‘n maatskappy voertuig sal voorsien word.
Vergoeding is in ooreenstemming met toepaslike kwalifikasies en ondervinding.
Toepaslik-gekwalifiseerde persone kan hul aansoek en volledige CV met verwysing JTAT voor 22 Mei 2024 rig aan recruitment@ovdm.co.za
Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek oorweeg was, maar onsuksesvol was.
1 person has applied for this job. 127 people have viewed this job.
More Jobs at Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
GROUP SHEQ MANAGER
- Upington
- Job Type: Permanent
- Posted 20 May 2024 | 10 Days left
QUALITY ASSURANCE MANAGER
- Upington
- Job Type: Permanent
- Posted 20 May 2024 | 11 Days left
GENERAL MANAGER
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 15 May 2024 | 4 Days left
BESTUURDER: KIOSK
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 15 May 2024 | 3 Days left