- Northern Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Accounting Agriculture
- Reference: MRFM
Vacancy Details
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Ons kliënt, 'n gevestigde en groeiende onderneming in die landbou- en vervaardigingsektor, is op soek na 'n hoogs bekwame en professionele kandidaat om leiding te neem van die maatskappy se finansiële funksie en by te dra tot strategiese besluitneming.
FINANSIËLE BESTUURDER (CA(SA))
KEIMOES OMGEWING, NOORD-KAAP
Vereistes:
- Gekwalifiseerde CA(SA), met bewese ondervinding in 'n senior finansiële bestuursrol.
- Grondige kennis van “IFRS” en finansiële verslagdoening.
- Sterk ervaring in begrotings, voorspellings en finansiële beplanning.
- Uitstekende finansiële ontledings- en probleemoplossingsvaardighede.
- Ondervinding in kostebeheer, winsgewendheidsbestuur en kontantvloeibestuur.
- Goeie kennis van interne beheermaatreëls, finansiële bestuurstelsels en nakoming.
- Sterk rekenaarvaardighede en ervaring met ERP-stelsels.
- Uitstekende leierskap-, kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede.
- Vermoë om onafhanklik besluite te neem en strategiese leiding te verskaf.
Verantwoordelikhede:
- Bestuur van die maatskappy se finansiële beplanning, begrotings en voorspellingsprosesse.
- Voorbereiding, ontleding en aanbieding van finansiële verslae en bestuursrekeninge.
- Monitering van finansiële prestasie en identifisering van verbeteringsgeleenthede.
- Bestuur van koste, winsgewendheid en operasionele finansiële prestasie.
- Verseker nakoming van finansiële beleid, prosedures en regulatoriese vereistes.
- Bestuur van kontantvloei, likiditeit en bedryfskapitaal.
- Verskaffing van finansiële insette en ondersteuning vir strategiese en operasionele besluitneming.
- Toesig oor finansiële stelsels, data-integriteit en interne beheerprosesse.
- Bestuur en ontwikkeling van die finansiële span.
- Ondersteuning van oudits en die implementering van nodige korrektiewe aksies.
- Identifisering en bestuur van finansiële risiko's om langtermyn volhoubaarheid te verseker.
Indien u aan die bogenoemde vereistes voldoen en graag deel wil vorm van 'n dinamiese organisasie waar u 'n sleutelrol in die besigheid se sukses kan speel, stuur u volledige CV met verwysing MRFM aan recruitment@ovdm.co.za voor 18 Junie 2026
51 people have viewed this job.
More Jobs at Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
MENSLIKE HULPBRON BEAMPTE
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 08 Jun 2026 | 10 Days left
MINE PLANNER
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 04 Jun 2026 | 3 Days left
GEOLOGIST
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 04 Jun 2026 | 3 Days left
ACCOUNTANT
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 02 Jun 2026 | 2 Days left