PRODUKSIEBESTUURDERS / PLAASBESTUURDERS, Eastern Cape

  • Eastern Cape
  • Salary: Market Related
  • Job Type: Permanent
  • Sectors: Agriculture
  • Posted on Friday, November 8, 2019
  • Reference: copy-MJR5594
  • Apply before Wednesday, January 8, 2020 - 54 Days left

Vacancy Details


Ons beskik oor loopbaan geleenthede by groot, progressiewe sitrus produsente 

in die Oos-Kaap (Sondagsrivier Vallei/Addo) vir:

PRODUKSIEBESTUURDERS/PLAASBESTUURDERS

Dit sal van die posbekleërs verwag word om ongeveer 200/230 ha sitrus produksie-eenhede selfstandig, maar onder leiding van Senior Bestuur/Direksie, te bestuur.  Sleutel verantwoordelikhede sal fokus op die bestuur van alle produksie verwante aangeleenthede, wat beplanning, organisering, uitvoering en afhandeling t.o.v. die volgende sal insluit:   

• mannekrag

• kwaliteitsversekering

• infrastruktuur, i.e. implemente, toerusting en materiale

• alle beskikbare/toepaslike hulpbronne

• begrotings en administrasie.  


Candidate Requirements

Belangrike evalueringskriteria sal o.a. wees: 

• ‘n Landbougerigte tersiêre kwalifikasie

• minstens 5 jaar toepaslike en praktiese ervaring in vrugteverbouing

• bewese bestuursvaardighede en –potensiaal

• uitstaande leierseienskappe en spanbou vermoëns

• goed ontwikkelde rekenaarvaardighede

• stamina en gesonde werksgesindheid en –etiek.

Die onderneming bied die nodige organisatoriese kapasiteit en ondersteuningsdienste om die vereiste bestuursbeginsels effektief toe te pas.  Die onderneming bied saam met uitstekende loopbaanontwikkelingsgeleenthede ook omvattende en markgerigte vergoedingspakkette.

Marianne Rousseau ontvang alle aansoeke vertroulik by mwnti@iafrica.com tot Vrydag, 22 November 2019.

Indien u nie binne 6 weke van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat alternatiewe besluite geneem is.  Ons hou nietemin u CV op rekord vir moontlike toekomstige verwysing.

 

Apply before Wednesday, January 8, 2020 - 54 Days left Companies may expire jobs at their own discretion. If you have not received a response within two weeks, your application was most likely unsuccessful.
3 people have applied for this job. 28 people have viewed this job.

Similar Jobs