- Swellendam
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Agriculture Technical
- Benefits: ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket
- Reference: 2128576
- Employment Equity Position
Vacancy Details
Employer: Sentraal-Suid Kooperasie Bpk.
SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by hul hoofkantoor te Swellendam.
Veekundige: Swellendam
Die ideale kandidaat, wat direk aan die Senior Bestuurder: Veevoer Vervaardiging sal rapporteer, sal oor ‘n toepaslike landbou kwalifikasie (bv. BSc Agric), omvattende kennis van o.a. skaap- en suiwelboerdery, diere produksie- en voeding stelsels, asook ten minste 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke rol beskik.
Verdere vereistes is ‘n diensgerigte ingesteldheid, goeie waarneming, prioritisering- en beplanningsvernuf, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede asook rekenaar vaardigheid (Microsoft Office pakkette en Spesfeed Formuleringsprogram) met ‘n geldige kode B (Kode 8) bestuurslisensie.
Die posbekleër sal primêr verantwoordelik wees vir:
- Formulering van voere.
- Deurlopende kwaliteitsbeheer.
- Hernuwings en nuwe registrasies van voere.
- Navorsing en aanbevelings t.o.v. industrie tendense en ad hoc uitdagings.
- Die bestuur van die Tegniese Assistent.
- Deurlopende tegniese diens aan kliënte (o.a. weidings-, produksie-, kudde kondisie & gesondheid-, produk implementeringsadvies ens).
- Werwing van nuwe kliënte.
- Reël van boeredae, studiegroepe en kudde kompetisies in oorleg met Bestuur en Tegniese Assistent.
In ruil vir u prestasie in bg. vakature en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.
Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding, ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan: Die Menslike Hulpbron Bestuurder om ons te bereik nie later as Vrydag, 3 Mei 2024. U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.
Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ‘n gelyke geleentheid- werkgewer.
Required Skills
- Interpersoonlike- En Kommunikasievaardighede
- Rekenaar Vaardigheid (Microsoft Office Pakkette En Spesfeed Formuleringsprogram)
256 people have viewed this job.